On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Local News

Afrikaanse skrywer van kort- en kontreiverhale, Dot Serfontein, oorlede

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:50 Fri, 04 Nov 2016

Afrikaanse skrywer van kort- en kontreiverhale, Dot Serfontein, oorlede | News Article
Willem Krog en sy ma, Dot Serfontein (Facebook)

Bloemfontein - Die Afrikaanse skrywer van kort- en kontreiverhale, Dot Serfontein, is vanoggend in die ouderdom van 91 oorlede.


Haar seun, Willem Krog, het by navraag gesê sy ma is op Kroonstad in die Vrystaat in 'n selfsorg-aftreeoord in haar slaap oorlede. Krog het op sy Facebook-blad aangekondig dat sy ma oorlede is. Hy het geskryf "vir die familie het die aarde geskuif, onherroeplik."  

Serfontein se dogter is die veelbekroonde digter, Antjie Krog. Sy het onder die skuilnaam S.J. Nasau en Luca Fick geskryf. Willem sal later 'n huldeblyk aan sy ma met OFM-nuus deel.

'n Groot gees in Suid-Afrikaanse musiekgeledere, die bekende trekklavierspeler en liedjieskrywer, Nico Carstens, is Dinsdag oorlede. Hy het in Februarie vanjaar sy 90ste verjaardag gevier. Die 80-jarige rolprentmaker, Jans Rautenbach, is in die Bay View-hospitaal in Mosselbaai weens komplikasies ná longontsteking dood. Die 80-jarige, Clive Derby-Lewis, wat aan longkanker gely het, is gister in die Life-Eugene Marais-hospitaal in Pretoria dood.  

OFM-nuus





@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.