On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Geweld by UV ‘n terugslag vir baie, sê Max du Preez

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:54 Mon, 29 Feb 2016

Geweld by UV ‘n terugslag vir baie, sê Max du Preez | News Article
Max du Preez

Bloemfontein - Studente wat verlede week op Shimlapark in Bloemfontein op die rugbyveld gehardloop en gewelddadig geraak het met betogers, het wit Afrikaanssprekendes se toekoms in Suid-Afrika ‘n knou gegee.


Dit is die politieke ontleder, Max du Preez, se reaksie op verlede Maandagaand se gebeure toe ‘n Varsitybeker-wedstryd tussen die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Shimlas en die Madibaz van Port Elizabeth op die Bloemfontein-kampus deur ‘n groep betogers onderbreek is. Hy sê wit Suid-Afrikaners moet hulself weerhou om fisieke konfrontasie uit te lok. Oplossings kan op ander wyses gevind word. Du Preez meen die betogers het ook uitlokkend opgetree, maar hulle was vreedsaam. Hy sê die voorval was ‘n terugslag vir die UV en vir die rektor en visekanselier, Jonathan Jansen, omdat Jansen van die begin af toegewyd was tot versoening.

Volgens Du Preez moet organisasies soos AfriForum, wit studente en hul ouers wat Jansen se kop eis omdat té veel transformasie plaasvind, asook swart studente en ‘n politieke party soos die EFF, wat dieselfde eis stel omdat daar na hul mening té min transformasie geskied, twee keer dink. Du Preez meen Jansen geniet groot internasionale aansien en hy het reeds baie vermag.

“Rugby het ‘n sekere betekenis vir Afrikaanse studente en dit was uiters uitlokkend van die betogers om dit te probeer ontwrig, maar hulle (die betogers) was nie gewelddadig nie.” Du Preez verwys na ‘n duidelike skeidslyn. “Jy kan jou standpunt stel. Jy kan vasskop. Jy kan gaan onderhandel en ‘n ultimatum stel, maar jy mag nie geweld pleeg nie.”

OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.