Local News
Bloemfontein drawwer se aanvallers weer later in die hof─── 14:02 Thu, 04 Feb 2016
Bloemfontein - ‘n Bloemfonteinse ma, haar dogter en hul tuinwerker wat glo uit wraak saamgesweer het om ‘n drawwer te vermoor, sal weer op 18 Februarie in die plaaslike landdroshof verskyn.
Charmaine le Roux, haar dogter Charndrei en Jerry Brummer het vandag vlugtig op aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en sameswering tot moord in die hof verskyn.
Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Karen Buschow, eienaar van ‘n plaaslike skool waar Charndrei gewerk het, is in Julie verlede jaar oorval en vermoedelik met ‘n klip aangerand terwyl sy vroegoggend in Dan Pienaar gedraf het.
Die Le Rouxs het Brummer glo gehuur om Buschow aan te rand nadat Charndrei onder ‘n donker wolk by die skool bedank het.
Die drie beskuldigdes is uit op borgtog.
Mark Steenbok/OFM-nuus