On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Verstedeliking ‘n probleem vir plaaslike munisipaliteite - Nkwinti

───   REFILWE GAESWE 16:52 Thu, 22 Oct 2015

Verstedeliking ‘n probleem vir plaaslike munisipaliteite - Nkwinti | News Article

Bloemfontein - Talle mense wat deurlopend van landelike na stedelike gebiede verhuis, veroorsaak ‘n groot probleem vir plaaslike munisipaliteite.

Dit is volgens die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti.

Hy verduidelik dat mense wat na stede verhuis, nie noodwendig oor die nodige werksvaardighede beskik nie. Nkwinti het munisipale afgevaardigdes vandag op ‘n Salga-konferensie in Bloemfontein toegespreek.

Hy sê talle mense migreer na groot stede waar hulle werkloos is. Dit veroorsaak maatskaplike probleme. Hy sê kleiner munisipaliteite sukkel om vaardige mense in diens te neem, omdat talle die stede verkies.

Nkwinti sê wanneer munisipaliteite nie daarin slaag om aan mense se verwagtinge te voldoen nie, daar aangevoer word dat hulle nie die nodige dienste kan lewer nie.

Refilwe Gaeswe/OFM-nuus




 


Podcasts

Gugile Nkwinti:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.