Local News
AfriForum lê klag ná storting van ongebruikte mediese voorraad─── DANE BEISHEIM 15:11 Thu, 13 Aug 2015
Lichtenburg - AfriForum en een van sy lede, Jan Coetzee, het 'n klag van onwettige mediese afvalstorting by die Lichtenburg-polisiestasie ingedien.
Dit volg nadat 'n groot hoeveelheid ongebruikte mediese voorraad, insluitend spuitnaalde, op 'n stortingsterrein gevind is.
Dié voorraad, wat nog verseël is, is langs die pad by die oop terrein gegooi.
Noordwes-gesondheidswoordvoerder, Tebogo Lekgethwane het aan OFM-nuus bevestig dat hul eie ondersoeke daarop dui dat die voorraad nie van die departement afkomstig is nie.
Die Ditsobotla-munisipaliteit was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.
Dane Beisheim/OFM-nuus