On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

AfriForum lê klag ná storting van ongebruikte mediese voorraad

───   DANE BEISHEIM 15:11 Thu, 13 Aug 2015

AfriForum lê klag ná storting van ongebruikte mediese voorraad | News Article

Lichtenburg - AfriForum en een van sy lede, Jan Coetzee, het 'n klag van onwettige mediese afvalstorting by die Lichtenburg-polisiestasie ingedien.

Dit volg nadat 'n groot hoeveelheid ongebruikte mediese voorraad, insluitend spuitnaalde, op 'n stortingsterrein gevind is.

Dié voorraad, wat nog verseël is, is langs die pad by die oop terrein gegooi.

Noordwes-gesondheidswoordvoerder, Tebogo Lekgethwane het aan OFM-nuus bevestig dat hul eie ondersoeke daarop dui dat die voorraad nie van die departement afkomstig is nie.

Die Ditsobotla-munisipaliteit was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.