Local News
Mejuffrou Wêreld-kroon aan Suid-Afrika opgedra─── 06:56 Mon, 15 Dec 2014
Bloemfontein - Mejuffrou Suid-Afrika, Rolene Strauss, het haar Mejuffrou Wêreld-kroon aan Suid-Afrika opgedra.
Die vierde-jaar mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat het gister in Londen die derde Suid-Afrikaner geword wat dié titel inpalm. Die vorige wenners was Penny Coelen in 1958 en Annaline Kriel in 1974.
President Jacob Zuma was een van die eerstes wat Strauss gelukgewens het. Hy sê die land is trots daarop dat 'n Suid-Afrikaner dié eerbewys ontvang en het haar ook sterkte toegewens met haar nuwe rol op die wêreldverhoog.
Strauss het die geleentheid as 'n buiteliggaamlike ervaring beskryf.
Rolene Strauss: