On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Zirk Bergh-skietery: Dit gaan goed met kinders onder die omstandighede

───   DANE BEISHEIM 07:08 Wed, 18 Dec 2013

Zirk Bergh-skietery: Dit gaan goed met kinders onder die omstandighede | News Article
Dane Beisheim
 
Potchefstroom - Dit gaan goed onder die omstandighede met drie kinders wat wees gelaat is na ’n skietvoorval in Potchefstroom die afgelope naweek.
Nicolette du Rand is Maandagaand in 'n Gautengse hospitaal oorlede na Saterdag se voorval waarin vier mense dood is.
 
Du Rand se gewese man, die Afrikaanse sanger Zirk Bergh, het losgebrand op haar, haar man Charl Du Rand en maatskaplike werker Deon Kondos voor die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie-gebou in Potchefstroom.
 
Kondos is op die toneel dood terwyl Charl later in die hospitaal beswyk het.
 
Bergh het na afloop van die skietvoorval selfmoord gepleeg.
 
Volgens Endriette Barnard, wat deur die Potchefstroomse Kinderhof as die regsverteenwoordiger vir Bergh en Du Rand se 8-jarige dogter aangestel is, is sy en die Du Rands se ander twee kinders in die sorg van familielede geplaas.




Podcasts

Endriette Barnard:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.