On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Nege mense tot dusver vandag op sentraal Suid-Afrika se paaie dood

───   15:18 Mon, 10 Dec 2012

Nege mense tot dusver vandag op sentraal Suid-Afrika se paaie dood | News Article
Christopher Motabogi en Lani Fouché

Bloemfontein - Nege mense is tot dusver vandag (Maandag) in motorongelukke op sentraal Suid-Afrika se paaie dood. 'n Gesin van vier is vanoggend in 'n ongeluk op die N1-snelweg naby Ventersburg dood.

Ses mense in 'n tweede voertuig, 'n gesin van Dubai, is in die ongeluk beseer. Polisiewoordvoerder Mamello Macheoane sê die bestuurder van die eerste voertuig, sy vrou en twee seuns was na Johannesburg op pad toe hy beheer oor die voertuig verloor het en met die tweede voertuig, waarin die gesin van Dubai gereis het, gebots het.

Nog vyf mense is vanoggend in 'n gru-ongeluk 15 km buite Kimberley in die rigting van Barkley-Wes dood. ER24 woordvoerder Derrick Banks sê 'n viertrekvoertuig en 'n ligte motor het teen mekaar gebots. Vyf insittendes van die ligte voertuig is op die toneel dood verklaar.


Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.