On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Oktober, die heel mooiste maand vir baie

───   16:05 Thu, 13 Sep 2012

Oktober, die heel mooiste maand vir baie | News Article
Bloemfontein - Vir Sentraal Suid-Afrikaanse balletliefhebbers gaan Oktober vanjaar die mooiste, mooiste maand wees.
 
Bloemfontein speel gasheer vir vyf vertonings in die Sand du Plessis-teater.
 
Die nuutgestigde South African Mzansi Ballet bied 'n ballet-gala aan van 24 tot 27 Oktober.

Die professionele balletgeselskap sal 'n gemengde program aanbied, onder meer werke wat nog nooit in Bloemfontein op die planke was nie.

Die asemrowende Diana and Actaeon pas de deux, die solo wat deur Anna Pavlova beroemd gemaak is, The Dying Swan, pas de trois, asook meer moderne werke uit Carl Orff se Carmina Burana sal op die spyskaart wees.

Verskeie dansers van Kuba sal hul delikate passies uitvoer, saam met gevestigde Suid-Afrikaanse dansers soos Burnise Silvius, Chloé Grové en Michael Revie.

Verklaring verskaf




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.