Local News
Blitsige speurwerk lewer resultate in Trompsburg-plaasmoorde─── 16:37 Tue, 11 Sep 2012
Lani Fouché
Drie jong mans is vandag in hegtenis geneem in verband met die gru-moord op 'n bejaarde paartjie van die Trompsburg-distrik.
Vrystaatse polisiewoordvoerder Rulene Kühn sê twee 27-jarige mans is vanmiddag in Bloemfontein aangekeer, en 'n 28-jarige man kort daarna in Trompsburg.
Sy sê hulle sal Donderdag in die Trompsburg Landdroshof op moordklagtes verskyn. Klagtes van huisroof kan moontlik bygevoeg word.
Johan en Cecile Fourie, beide in hul sewentigs, is Sondag op hul plaas Knoppe wreedaardig vermoor.
Die verdagtes is vort met slegs 'n .22 pistool. Kühn sê die polisie-ondersoekspan het hul goed van hul taak gekwyt.
Intussen het Vrystaat Landbou die Fouries se moorde in 'n mediaverklaring ten sterkste veroordeel.
Kobus Breytenbach sê dit is belangrik dat Vrystaat Landbou en sy grondstrukture hul meer moet toespits op die paraatheid en veiligheid van boere.
Hy sê die goeie gemeenskapsinisiatief rakende die veiligheid en kommunikasie wat die boere op Trompsburg bedryf, is positief. Voorstelle, om leemtes aan te spreek, het reeds vanuit die gemeenskap gekom.