On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

International

Toeskouer in hegtenis geneem nadat hy skyfies na fietsryers gooi

───   06:45 Tue, 16 Jul 2024

Toeskouer in hegtenis geneem nadat hy skyfies na fietsryers gooi | News Article

“Ek verstaan nie mense wat na ’n fietsren gaan om aartappelskyfies te gooi nie.”

’n Toeskouer langs die pad wat skyfies in die gesigte van Tadej Pogacar en Jonas Vingegaard gegooi het, is volgens Franse mediaberigte in hegtenis geneem en oornag in ’n polisiesel aangehou.

Die voorval, wat op film vasgevang is en vinnig op sosiale media versprei is, het Saterdag in die hitte van die fase 14-stryd plaasgevind toe die Sloweense Pogacar van die verdedigende kampioen weggebreek het.

Dit het gelyk of die toeskouer met sy kaal bolyf die aartappelskyfies in die gesigte van albei ryers gegooi het, met getuies wat gesê het dat hy binne vyf minute ná die voorval deur die polisie verwyder is.

“Ek verstaan nie mense wat na ’n fietsren gaan om aartappelskyfies te gooi nie,” het die tweemalige titelhouer Vingegaard by die eindpunt gesê.

Die professionele fietsryersunie CPA sê hulle beoog om die toeskouer te dagvaar.

Die aanhanger was na bewering te dronk om ’n verklaring af te lê en die polisie het hom oornag aangehou sodat hy dit Sondagoggend kon doen.

Pogacar het die skof gewen om die geeltrui te behou.

Tadej Pogacar, die 25-jarige Sloween, het Maandag op die rusdag gesê hy verwag dat die Tour de France-stryd in die laaste week sal verskerp. Hy voorspel vuurwerke in die laaste week van die Tour de France terwyl die verdedigende kampioen, Jonas Vingegaard, voorberei om ’n desperate aanval vir die titel van stapel te stuur.

Pogacar, die 2020- en 2021-kampioen, lei die tweemalige verdedigende kampioen Vingegaard met drie minute en nege sekondes met ses skofte om te gaan.

OFM Nuus cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.