On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

International

Navorsers sê lae klanke in musiek is wat mense laat dans

───   06:41 Fri, 11 Nov 2022

Navorsers sê lae klanke in musiek is wat mense laat dans | News Article
FOTO: Bidroom.com

’n Studie deur Kanadese neurowetenskaplikes toon dat baie lae-frekwensie (very low frequency)-klanke, eintlik die ding is wat die voete laat jeuk en mense laat dans.

“Musiek wat mense wil laat beweeg, is geneig om meer lae-frekwensie klank te hê en basinstrumente verskaf tipies die musikale polsslag waarop mense wil dans," sê dr. Daniel Cameron, neurowetenskaplike van die McMaster-universiteit in Kanada.

Die span navorsers het konsertgangers by ? elektroniese musiekkonsert deur die Kanadese duo Orphx met hoofbande toegerus om hul bewegings te monitor, en bevind dat tydens periodes waar baie lae frekwensie-klanke (ook bekend as sub-basklanke) gespeel is, mense meer beweeg het, al kon hulle nie die frekwensies hoor nie.

Die navorsers het spesialiseerde, baie lae frekwensie-luidsprekers elke 2,5 minute tydens die uitvoering aan- en afgeskakel en die dansers se beweging gemonitor.

Daar is ontdek dat die onopspoorbare sub-basklanke 11,8% meer beweging by dansers ontlok het, al was hulle nie "bewustelik bewus" van die frekwensies nie. Mense het met meer entoesiasme en met meer oordrewe bewegings gedans.

“Dit is waarskynlik dat die sub-bas klanke deur meganoreseptore op die vel en in die liggaam aangevoel word, sowel as die vestibulêre stelsel in die binneoor, wat gekoppel is aan die gevoel van balans, “ verduidelik dr. Cameron. 

Die navorsers reken dat lae toonhoogtes mense help om makliker op die maat van musiek te beweeg.

Die studie is in die Current Biology-joernaal gepubliseer is.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.