Inspiration
Paralimpiese atleet Liezel Gouws moedig almal aan om groot te droom─── 09:41 Wed, 31 Jul 2024
“Sy het serebrale verlamming ontwikkel ná ’n beroerte toe sy net vyf jaar oud was. Dit het haar egter nie gekeer om haar drome te verwesenlik nie.”
Mid-morning Magic se Yolanda Maartens praat met Liezel Gouws oor hoe sy die lewe sonder perke leef.
Die Paralimpiese atleet is nie gestremd gebore nie. Sy het serebrale verlamming ontwikkel ná ’n beroerte in 2004 toe sy net vyf jaar oud was. Dit het haar egter nie gekeer om haar drome te verwesenlik nie.
Gouws het in 2013 haar internasionale buiging gemaak en die wêreldrekord in die Vroue 800 m T37-item in 2015 én in 2018 verbeter.
Op die 2024 Para-atletiekwêreldkampioenskapbyeenkoms in Japan het Gouws die Suid-Afrikaanse span se eerste medalje verower deur ’n brons medalje in die Vroue 400 m T37-item te behaal. Fenfen Jiang van China het die goue medalje gewen, terwyl Slanova Viktoriia, wat deelgeneem het as ’n onafhanklike atleet, die silwer verower het.
Die T37-kategorie is vir atlete wie se beweging en koördinasie matig aan die een kant van hul liggaam aangetas is.
Liezel Gouws. Foto: Instagram
Die 2024 Para-atletiekwêreldkampioenskapbyeenkoms betrek oor die duisend atlete uit meer as honderd nasies, wat aan 171 medaljebyeenkomste deelneem (93 vir mans, 77 vir vroue en een gemengde byeenkoms).
Liezel Gouws as deel van die 2024 Suid-Afrikaanse Paralimpiese span. Foto: Instagram
Jy kan Liezel vanaf 28 Augustus ondersteun as ’n lid van vanjaar se Suid-Afrikaanse Paralimpiese span tydens die Paralimpiese Spele in Parys, Frankryk.
OFM Nuus mvh/cg