On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Human Interest

Polisieminister verwelkom Fred van der Vyver-appèluitspraak

───   LANI FOUCHÉ 14:49 Thu, 28 Mar 2013

Polisieminister verwelkom Fred van der Vyver-appèluitspraak | News Article
Lani Fouché

Die Minister van Polisie het die appèlhofuitspraak wat hom vryspreek van kwaadwillige vervolging teen Fred van der Vyver, verwelkom.
 
Minister Nathi Mthethwa se woordvoerder, Zweli Mnisi, sê die appèlhof in Bloemfontein se bevinding dat die polisie nié bewyse gefabriseer het en nié kwaadwillig opgetree het in sy vervolging van Van der Vyver tussen 2005 en 2007 nie, herstel die polisie se naam in ere.
 
Die minister het geappelleer teen 'n Wes-Kaapse Hooggeregshof-uitspraak in 2011 dat Van der Vyver kwaadwillig weens die moord op sy eertydse meisie en Stellenbosch-student, Inge Lotz, vervolg is.

Die appèlaansoek is vanoggend aan Mthethwa toegestaan.

Dié uitspraak beteken nou dat Van der Vyver nie die R46 miljoen skadevergoeding waarop hy aanspraak gemaak het, sal ontvang nie, en dat hy die regskostes van die appèlsaak moet dra.



Podcasts

Zweli Mnisi:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.