On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Food

What's on the menu – Geroosterde blomkool

───   17:48 Thu, 29 Feb 2024

What's on the menu – Geroosterde blomkool | News Article
Geroosterde blomkool.

Sjef Maradine laat ons smul aan blomkool.

Bestanddele

1 medium blomkool

3 eetlepels groente-olie

2 teelepels gedroogde gemengde kruie

2 teelepels soet gerookte paprika

2 teelepels knoffelvlokkies

½ suurlemoen, sap

6 eetlepels dik jogurt

Pietersielie, gekap, om voor te sit

Granaatpitte vir garnering

Metode

Maak ’n kastrol vol met minstens 3 cm soutwater en bring tot kookpunt oor matige hitte. 

Sit die blomkool in en plaas die deksel op en kook vir 3 minute. 

Haal uit en laat droog word vir 5-10 min. Druk enige drook met kombuispapier.

Verhit die oond tot 200 °C. Meng die olie, kruie, paprika, knoffelvlokkies en genoeg sout en peper. Sit die blomkool in 'n diep roosterpan. Borsel die oliemengsel oor die hele blomkool. Gooi die oorblywende oliemengsel oor die blomkool..

Rooster vir 20 minute. Meng intussen die suurlemoensap, jogurt en sout en peper saam. Verkoel tot benodig.

Haal die blomkool uit die oond en bedruip met die olie in die pan. Rooster vir 'n verdere 20-30 minute tot die blomkool goudkleurig en plek-plek bros is. Bedruip met die jogurtsous en strooi die pietersielie en granaatpitte oor.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.