On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Entertainment

Streekkore opgewonde oor ATKV-Applous-eindstryd

───   CASEY-LEE ANTHONY 15:20 Tue, 23 Jul 2024

Streekkore opgewonde oor ATKV-Applous-eindstryd | News Article
Eunice Vitae Cantamus Koor. Foto verskaf.

“Almal is vrolik en geweldig opgewonde oor dit wat wag in die mooie Kaap!”

Vandeesweek sal twee Bloemfonteinse skole en ’n laerskool van Noordwes hul stem dik maak tydens die ATKV Applous-finaal.

Dit vind van Woensdag (24/7) tot Saterdag (27/7) in Kaapstad plaas wanneer verskeie kategorieë op verskillende dae sal optree.

Ongelukkig kan die vierde skool, die Laerskool Burgersdorp van Lichtenburg, nie die geleentheid bywoon nie weens die gebrek aan befondsing wat ontvang is. Hulle sê wel groete die Laerskool Mooirivier, wat hul provinsie verteenwoordig.

Vier skole in Sentraal-Suid-Afrika in ATKV Applous se eindronde

“Almal is vrolik en geweldig opgewonde oor dit wat wag in die mooie Kaap!” sê Esmie Koornhof, die Tokkieskoor-dirigent, terwyl hulle Dinsdag (23/7) op pad is na Kaapstad.

Die groep het Maandag om 21:00 uit Potchefstroom vertrek en hulle beoog om hierdie geleentheid ten volle te geniet, hul beste te gee en die harte aan te raak van die gehore en beoordelaars wat hulle gaan hoor sing.

Tokkies Koor. Foto verskaf.

“Ons is almal baie opgewonde. Ons is regtig gereed vir hierdie kompetisie. Ons is opgewonde en kan skaars wag om Kaap toe te gaan, daar te wees en net die tyd wat ons daar deurbring, te geniet,” sê Retha Visser, Eunice Vitae Cantamus se dirigent.

Die Cantanums vertrek Woensdag (24/7) na Kaapstad, aangesien hul kompetisie eers Saterdag (27/7) sal plaasvind, wat hulle met tyd sal gee om te akklimatiseer en op die kompetisie voor te berei.

“Ons was al voorheen by die Applous-kompetisies; so ons weet wat van ons verwag word, en ons gaan net ons beste gee. Ek dink ons hoofdoel is om iemand aan te raak met ons sang. Dit is vir ons ’n groot voorreg om ons skool en ook die Vrystaat daar te verteenwoordig,”

Eunice Vitae Cantamus Koor. Foto verskaf.

OFM-nuus/Casey-Lee Anthony mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.