Entertainment
Reynardt Hugo deel meer oor nuwe dokumentêre reeks─── 20:18 Mon, 30 Jan 2023
![Reynardt Hugo deel meer oor nuwe dokumentêre reeks Reynardt Hugo deel meer oor nuwe dokumentêre reeks | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/5697becc-611c-40f1-970e-5d24005ee047.jpg?crop=0,0,800,450)
Akteur en sanger Reynardt Hugo kuier vandag saam met OFM se Pulane Nel-Sekepe op At Lunch om te gesels oor sy nuwe kykNET-dokumentêre reeks 'Net Mens'.
Reynardt shares more about how this idea came about and what views can expect from this dokumentêre reeks. He also shares his thoughts on online bullying and more.
Reynardt Hugo is ’n gewilde Suid-Afrikaanse akteur, musikant, liedjieskrywer, motiveringspreker en skrywer. Hy werk al sedert 2008 in die vermaakbedryf en is bekend vir sy rol as dr. Tertius Jonker in die gewilde kykNET-sepie, Binnelanders.
In 2010 het hy saam met Hugo Ludik die bekroonde popgroep, ADAM, begin wat oor die jare die land vol getoer en verskeie toekennings gewen het en verantwoordelik was vir treffers soos Liefde Soldaat, Kasteel, Hoogtevrees, Sê My, Iets In Die Water en meer. Nadat die groep aan die einde van 2019 ontbind het, het Reynardt besluit om op sy solo-musiekloopbaan te fokus.
Om meer uit te vind besoek sy webtuiste coproductions.co.za