On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Lasbrief uitgereik vir man wat van moord op Kimberley-vrou beskuldig word

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:19 Thu, 10 Apr 2025

Lasbrief uitgereik vir man wat van moord op Kimberley-vrou beskuldig word | News Article
Roelien Archer. Foto: Facebook

’n Noord-Kapenaar, op wie ’n lasbrief bedien is omdat hy na bewering versuim het om in die hof te verskyn, was glo op die betrokke dag in die hospitaal.

Deon Cloete (50) moes Vrydag (4/4) op aanklag van moord in die Kimberleyse landdroshof verskyn het. Hy het dit egter nie bygewoon nie, sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

Volgens ’n familielid, wat anoniem wil bly, was Cloete ten tyde van die verhoor in die hospitaal. “ ’n Doktersbrief is by die hof ingedien, maar dit het nie die regte persoon bereik nie. Die prokureur is besig om die misverstand op te los.”

Cloete word daarvan aangekla dat hy Roelien Archer (42) op 30 Januarie tydens ’n rusie noodlottig geskiet het toe sy glo na sy huis gegaan het om haar besittings te gaan haal. Cloete is op 27 Februarie borgtog van R5 000 toegestaan. Hy moet weer op 23 April in die hof verskyn.

Man van Orania skiet glo vrou, homself voor hul 12-jarige | News Article

Marlette van der Westhuizen. Foto verskaf

Intussen ondersoek Noord-Kaapse polisie die dood van ’n vrou van Orania wat na bewering deur haar man geskiet is voordat hy sy eie lewe geneem het.

Danie van der Westhuizen (47) het glo sy vervreemde vrou, Marlette (45), Maandag 31 Maart omstreeks 18:45 noodlottig geskiet voordat hy die vuurwapen op homself gerig het, het lt.kol. Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Danie van der Westhuizen. Foto: Facebook

Hopetown se polisie ondersoek die saak en vra dat enigiemand met inligting speursers. Phillip Kleinhans by 082 924 6186 nader. Alle inligting sal vertroulik gehanteer word.

Die oorledenes is op Dinsdag 8 April ter ruste gelê.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.