Central SA
Saints in Bloemfontein bring vreugde aan siek kinders─── KAREN VAN DER BERG 14:08 Thu, 17 Apr 2025

Dis altyd swaar vir kleingoed om in ’n hospitaal te wees, soveel te meer tydens ’n tyd van viering soos die Paasfees.
Die St Andrews School in Bloemfontein het daarom besluit om ’n bietjie vreugde en beterskapwense te versprei. Verskeie leerlinge het die skoolhoof, Roland Rudd, vergesel en paaseiers in die kindersale van Pelonomi, Universitas en die Mediclinic Bloemfontein uitgedeel. Hulle het ook die Sunflower-huis vir kinders besoek.
Rudd sê hulle het ’n beroep op die skool se ouers gedoen om Paaseiers skool toe te stuur vir die geleentheid. Hulle was verheug om nagenoeg 1 800 paaseiers in te samel.
St Andrews se hoof Roland Rudd en Jonathan Senosky, ’n gr.11-leerling, was deel van die groep wat paaseiers uitgedeel het. Foto verskaf
“Ons het as skoolgemeenskap besluit om ’n verskil te maak. Ons wou graag net ’n bietjie van die vreugde probeer versprei vir die kinders wat weens verskeie redes nie saam met hulle families kan wees nie.”
Hy wens ook almal ’n geseënde Paasfees toe.
Een van die personeellede in Pelonomi se kindersaal het gesê dit was wonderlik om die kinders se gesig te sien verhelder toe die leerlinge die paaseiers uitdeel. “Dit is wonderlik dat mense soveel liefde en ondersteuning aan ander kan bied. Ons wil ons opregte dank aan die skool uitspreek.”