On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Twee verdagtes in Noord-Kaap gesoek weens rooftog

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:49 Fri, 14 Mar 2025

Twee verdagtes in Noord-Kaap gesoek weens rooftog | News Article
Een van die twee verdagtes. Foto verskaf

Die polisie vra die publiek moet hulle help om twee mense van belang op te spoor nadat ’n rooftog plaasgevind het.

Die voorval het reeds op 18 April 2024 in Deben plaasgevind, sê sers. Molefi Shemane, polisiewoordvoerder.

“’n Sakeman (34) is na bewering van sy selfoon en ’n onbekende bedrag kontant beroof deur drie onbekende mans. Daar word beweer dat die mans hom met ’n vuurwapen gedreig het en sy hande met ’n elektriese draad vasgebind het.”

Shemane sê die twee verdagtes kan glo die polisie help met hul ondersoek en om die saak op te los.

’n Skets van een van die verdagtes. Foto verskaf

Enigiemand wat moontlik die verdagtes herken, kan Deben se polisiekantoor by 053 791 0003 kontak gedurende kantoorure, Stop Misdaad bel by 08600 10111, of die MySAPS-app gebruik vir wenke.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Intussen vra Galeshewe se eenheid teen ernstige geweldsmisdaad die publiek se hulp om nog ’n persoon van belang op te spoor. Die verdagte was glo betrokke by ’n sakeroof Dinsdag in Barklyweg, Galeshewe, het Shemane gesê. 

’n Skets van die verdagte in Galeshewe. Foto verskaf

“Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die persoon van belang glo betrokke was by die roof en van die toneel gevlug het.”

Enigiemand wat moontlik die verdagte herken, kan sers. Chrisna von Wielliegh by 082 469 0547 nader.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.