On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Misdaadstatistieke: Kommer oor verkragtingsake in die Vrystaat

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:44 Sat, 22 Feb 2025

Misdaadstatistieke: Kommer oor verkragtingsake in die Vrystaat | News Article
Foto: OFM

Die aantal aangemelde seksuele misdade het in die derde kwartaal van 2024 verskillende neigings in Sentraal-Suid-Afrika getoon.

Die jongste misdaadstatistieke wat deur Senzo Mchunu, minister van polisie, uitgereik is, toon dat die aantal aangemelde seksuele misdade in Noordwes skerp gedaal het. Van Oktober tot Desember 2023 is 1 228 gevalle aangeteken. In dieselfde tydperk in 2024 het die getal met 11,6% gedaal. Slegs 1 086 gevalle is aangemeld.

In die Vrystaat was daar in dieselfde tydperk ’n effense toename in aangemelde seksuele misdade van 1 069 gevalle teenoor 1 073. Die Noord-Kaap se aantal seksuele misdrywe het onveranderd gebly met 447 sake wat in beide die derde kwartaal van 2023 en 2024 aangeteken is.

Noordwes het ’n afname getoon van 1 021 aangemelde verkragtingsake in die derde kwartaal van 2023 tot 875 in dieselfde tydperk van 2024. In die Vrystaat het verkragtingsake egter effens toegeneem – van 841 tot 844 – wat steeds die provinsie een van die mees kommerwekkende gebiede vir seksuele geweld maak. In die Noord-Kaap het die aangemelde verkragtingsake van 328 tot 321 gedaal.

MaQueen Letsoha-Mathae, premier, het Vrydag (21/2) in haar tweede staatsrede die regering se verbintenis tot die bekamping van geweld teenoor vroue en kinders beklemtoon.

“Ons is trots op polisiebeamptes soos sers. Bokamoso Peter wie se harde werk skuldigbevindings van meer as 300 jaar tronkstraf verseker het. Sy het in Januarie die ministeriële toekenning by die polisie se Uitnemendheidstoekennings ontvang. Ons bedank haar en ander polisiebeamptes dat hulle misdadigers in die tronk gekry het," het Mathae gesê.

Die Vrystaat is nou die tweede provinsie in die land met die hoogste aantal aangemelde verkragtingsake in verhouding tot sy bevolkingsgrootte. Met ’n bevolking van 2 967 801 is die provinsie se verkragtingsverhouding op 28,4. Die Oos-Kaap s’n is die hoogste met ’n bevolking van 6 634 515 en ’n verhouding van 28,7.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.