On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Sanparke-veldwagter kry borg ná inbraak by Skukuza-polisie

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:49 Wed, 05 Feb 2025

Sanparke-veldwagter kry borg ná inbraak by Skukuza-polisie | News Article
Foto verskaf

’n Sanparke-veldwagter is uit op borg nadat hy na bewering ingebreek het by die pakkamer van ’n eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies in die Krugerwildtuin waar toerusting vir stropery-ondersoeke gehou is.

Johannes de Beer (52) het Woensdag (5/2) voorgekom in die Masoyi-distrikshof naby Hazyview op aanklagte wat verband hou met ’n inbraak by die Skukuza-polisie se pakkamer, sê brig. Donald Mdhluli, Mpumalanga-polisiewoordvoerder. Hy moet weer 19 Maart verskyn. 

De Beer het na bewering op Donderdag 23 Januarie op die een of ander manier by die pakkamer ingebreek en verskeie items staatseiendom gesteel, soos misdaadtoneelsakke en toerusting en skoonmaakmiddels wat op sulke tonele gebruik word, sê Mdhluli.

Van die gesteelde items. Foto verskaf

Dieselfde verdagte het blykbaar twee maal by die pakkamer ingebreek. 

“Beamptes van die veediefstaleenheid het onraad vermoed toe hulle sien iets skort buite die pakkamer. By andere ondersoek het hulle gesien iemand het inderdaad ingebreek en sommige items gesteel.”

De Beer is Dinsdag in hegtenis geneem nadat Skukuza se polisie ’n saak geopen het. “Na bewering het die verdagte probeer om sy optrede probeer toesmeer deur van die items terug op hul plek te sit,” sê Mdhluli, “maar dit was vergeefs omdat hy eindelik tot aangekeer is.”

‘Enigeen wat misdaad pleeg, ongeag hul rang of amp, sal aangekeer word’

Wat hy deur die beweerde misdaad probeer bereik het, maak deel uit van die ondersoek. Nog aanklagte kan bygevoeg word soos die ondersoek vorder.

Die polisie sal niks duld wat hulle verhinder in hul pogings om misdaad, waaronder stropery, in die wildtuin te bestry nie, sê genl.maj. dr. Zeph Mkhwanazi, waarnemende provinsiale polisiekommissaris. 

“Ons is bly dat ’n verdagte in hegtenis geneem is kort ná die inbraak by ons pakkamer. Mense moet kennis neem dat enigeen wat misdaad pleeg, ongeag hul rang of amp, aangekeer sal word.”

Drie mans swaar gestraf in Limpopo vir renosterstropery  | News Article

Sam Khosa, Benett Silahle en Odis Maluleke. Foto verskaf

Drie stropers van Limpopo is onlangs swaar vonnisse opgelê. Sam Khosa (33) en Odis Maluleke (49) is op 27 Januarie elk 22 jaar tronkstraf gekry, terwyl Benett Silahle (39) tot vier jaar tronkstraf gevonnis is.

Die skuldigbevindings sluit aanklagte van oortreding, sameswering om ’n misdryf te pleeg, die dood van ’n renoster, besit van ’n vuurwapen en besit van gevaarlike wapens in, sê Monica Nyuswa, NVG-woordvoerder in Limpopo.

Maluleke is ook gevonnis vir die oortreding van die Immigrasiewet.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.