On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Mangaung verwyder nie vullis op Kersdag, Welwillendheidsdag

───   08:43 Mon, 23 Dec 2024

Mangaung verwyder nie vullis op Kersdag, Welwillendheidsdag | News Article
Vullis hoop gereeld op in dele van Bloemfontein en omstreke. Argieffoto: Bloemfontein Courant

Mangaung-metro sal nie op Kersdag en Welwillendheidsdag vullis verwyder nie, maar wel op Nuwejaarsdag, al is dit ook ’n openbare vakansiedag.

Die munisipaliteit is daarvoor verantwoordelik om openbare ruimtes skoon te maak en huishoudelike vullis asook dié van sakeondernemings te verwyder, sê Qondile Khedama, metrowoordvoerder.

Weens ’n tekort aan vulliswaens verwyder Mangaung ook naweke vullis om die agterstand in te haal wat van Maandag tot Vrydae ontstaan, sê hy. “Die plan is om minstens een keer per week vullis by almal te verwyder en om na klagtes te luister as daar is.”

Huishoudelike vullis word oor die feestyd soos altyd verwyder, behalwe Woensdag (25/12) en Donderdag. Die opruiming van openbare ruimtes gaan onverpoos voort.

Toegespits op middestad

Die munisipaliteit het ’n plan parke, velde en ander openbare plekke minstens weekliks skoon te maak, maar kan dit nie in geheel uitvoer nie weens die voertuigtekort. 

“Ons spits ons op die oomblik veral toe op (Bloemfontein se) middestad en sekere buitewyke,” sê Khedema. In die sakekern word vullis van vroeg tot laat verwyder omdat pendelaars en straatverkopers nie hou by gewone handelsure nie.

Sakeondernemings se vullis word gereël volgens elke onderneming se behoeftes, verduidelik Khedema. Hulle besluit self hoe gereeld dit verwyder moet word, en dié reëlings geld ook in die feestyd. Die metro gebruik deels sy eie hulpbronne vir dié diens en vul dit aan met kontrakteurs.

Burgemeester Gregory Nthatisi an adj.min. Makhotso Maggy Sotyu het in November ’n opruimingsprojek in Bloemfontein bekendgestel. Foto: Facebook

Die metro het ’n jaar gelede oorlog teen vullis en rommel verklaar nadat hy gereeld onderskoot gekom het van inwoners wat die munisipale gebied as een van die vuilste in die land beskryf het.

’n Skoonmaak-en-vergroeningprojek is in November verlede jaar van stapel gestuur deur Makhotso Maggy Sotyu, adjunkminister van bosbou, visserye en omgewing, vergesel van Pinky Kekana, adjunkminister in die presidensie, saam met burgemeester Gregory Nthatisi en ander amptenare.

Gebrek aan toerusting ’n uitdaging

R200 miljoen is opsygesit om te verseker dat die strate skoon is toe meer as 2 000 mense vir  twaalf maande op kontrak aangestel is om die metro skoon te maak as deel van die metro se oorlogsverklaring teen rommel.

Nthatisi het destyds gesê een van die uitdagings met afvalbestuur, nes 13 maande later, is ’n gebrek aan hulpbronne of toerusting, wat hulle met die hulp van die provinsiale en nasionale regerings probeer oplos.

OFM Nuus mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.