On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

VF Plus bring hulde aan jare lange Ngwathe-raadslid

───   12:23 Mon, 23 Dec 2024

VF Plus bring hulde aan jare lange Ngwathe-raadslid | News Article
Rdl. Philip van der Merwe het sy gemeenskap jare lank gedien. Foto verskaf

Die VF Plus in die Vrystaat sê ’n raadslid van Ngwathe wat aan kanker oorlede is, het “diensbaarheid, beginselvastheid en nederigheid beliggaam”.

Rdl. Phillip van der Merwe is Sondag (22/12) oorlede nadat hy lank kanker gehad het. Hy was sedert 2006 ’n toegewyde VF Plus-lid van Ngwathe se munisipale raad, wat Edenville, Heilbron, Koppies, Parys en Vredefort. Hy was een van die party se langsdienende raadslede.

“Sy morele kompas en standvastigheid het hom respek besorg, selfs onder ander politieke partye,” sê Jan van Niekerk, Vrystaatse partyleier. “Hy was ’n man van aksie en was altyd bereid om leiding te gee en self in te gryp waar nodig.”

Voordat hy tot raadslid verkies is, het Van der Merwe onder die ou bedeling jare lank as burgemeester van Heilbron gedien en ’n blywende bydra tot sy gemeenskap gelewer. “Sy regsagtergrond en leierskapervaring het hom ’n onmisbare steunpilaar gemaak vir sy gesin, gemeenskap en die VF Plus,” sê Van Niekerk.

Van der Merwe word oorleef deur sy vrou, Jeanne, en sy seuns, David, Pierre en Mark, met wie die party innige meegevoel betuig. “Mag hulle troos vind in die wete dat Phillip se nalatenskap sal voortleef in diegene wat hy aangeraak het,” sê Van der Merwe.

OFM Nuus mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.