On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Inligting gesoek ná die ontdekking van twee liggame in die Vrystaat

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:22 Wed, 04 Dec 2024

Inligting gesoek ná die ontdekking van twee liggame in die Vrystaat | News Article
Foto: iStock

Niemand is nog in hegtenis geneem nie ná die ontdekking van twee liggame in die Vrystaat.

Botshabelo se polisie het ’n soektog begin nadat twee liggame Dinsdag (3/12) in ’n motor langs die N8 gevind is, sê sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Beamptes het omstreeks 23:45 inligting ontvang oor ’n voertuig wat sowat 8 km vanaf die Botshabelo-Wes-aansluiting langs die N8 staan. Daar gekom, het hulle ’n wit VW Golf TSI met Lesotho-nommerplate aangetref.

Die liggame van twee vroue (26 en 65) is in die motor gekry. Albei het veelvuldige steekwonde gehad en is op die toneel dood verklaar.

Veelvuldige steekwonde oor hul liggaam heen gehad

Voorlopige ondersoeke toon ’n swart man was na bewering in die voertuig saam met die oorledenes. “Inligting oor die man of enige verdagtes wat by die moord betrokke kon wees, bly egter vaag,” sê Kareli.

Enigiemand met inligting word versoek om kol. Ben Bolsiek van die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad by 082 466 8530 te nader. Bel Stop Misdaad by 08600 10111 of gebruik die MySAPS-app om anonieme wenke deur te gee.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.