On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vier vermeende buitelandse veediewe in hof verwag

───   HEIDRÈ MALGAS 09:08 Fri, 22 Nov 2024

Vier vermeende buitelandse veediewe in hof verwag | News Article
Die vee waarop beslag gelê is. Foto verskaf

Vier buitelandse burgers sal na verwagting Vrydag (22/11) in die hof verskyn nadat hulle Donderdag (21/11) in hegtenis geneem is weens die besit van vermoedelik gesteelde vee.

“Polisie- en weermaglede hou vol met die toepassing van veiligheidsmaatreëls langs die Ficksburg-grensgebied,” volgens polisiewoordvoerder Thabo Covane.

“Terwyl hulle waarnemings gedoen het rondom die toegangspunte, het hulle ’n ondersoek ingestel na ’n verdagte voertuig by Soutkopplaas.

Toerusting waarmee diere-identifikasiemerke aangebring word, is op die toneel gevind. Foto verskaf

“Vier mans, tussen die ouderdomme van 26 en 58, is op die plaas in hegtenis geneem waar ’n soektog 108 skape en 64 bokke opgelewer het, almal met verskillende identifikasiemerke.”

“Daarbenewens is toerusting om diere-identifikasiemerke aan te bring op die perseel gevind. Die veediefstal-eenheid van Ladybrand is gestuur om te help met die ontleding van die toneel, waar hulle beslag gelê het op vee ter waarde van ongeveer R194,400.”

Die kar wat die verdagtes gebruik het. Foto verskaf

Hy sê die Toyota Corolla wat deur die verdagtes gebruik is en die toerusting is ook gekonfiskeer.

“Die vier buitelandse burgers is op die toneel in hegtenis geneem, wat gelei het tot aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde vee by die Ficksburg-polisiekantoor.”

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.