Central SA
Verkragter van Kimberley ná jare gevonnis─── CHARNÉ VAN DER MERWE 11:46 Sat, 02 Nov 2024
'n Man van die Noord-Kaap is ná byna vier jaar vir verkragting gevonnis.
Brandon Jacobs (25) van Ritchie is in die Kimberley-landdroshof tot tien jaar tronkstraf gevonnis, sê Sergio Kock, polisiewoordvoerder. Die vonnis spruit uit 'n voorval op 14 November 2020.
“Die beskuldigde en die slagoffer (17) het om midderdag van Jacobsdal na Ritchie gestap. Hy het aangebied om saam met haar na haar huis te stap, maar het haar in 'n veld gedwing.”
‘Sy is erg aangerand en verkrag’
Volgens Kock is die tienermeisie erg aangerand en verkrag. Jacobs is die volgende dag in hegtenis geneem en was sedertien in aanhouding.
Die Noord-Kaapse polisiebestuur het speur-ao Niela Antonie van die Kimberley-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vir haar deeglike ondersoek geloof.
OFM Nuus dg