Central SA
Verdagtes nog gesoek ná skietery, kaping in Bloemfontein─── HEIDRÈ MALGAS 08:23 Fri, 01 Nov 2024
Die polisie soek nog verdagtes nadat twee slagoffers aangeval en die een geskiet is in Fairviewstraat, Bloemfontein.
“Die polisie het nou ’n soektog begin,” sê Peter Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder. Die verdagtes het Woensdag (30/10) omtrent 19:30 van die toneel gevlug in ’n gekaapte voertuig.”
“ ’n Slagoffer (44) het die parkeergebied van ’n woonstelblok in Fairviewstraat binnegery. Terwyl hy besig was om te parkeer het ’n onbekende, gewapende man ’n ruit van die motor gebreek, ’n vuurwapen op hom gerig en hom aangesê om uit te klim.”
Die verdagte het die slagoffer met geweld uit sy voertuig gesleep en probeer wegjaag in sy wit Toyota Rumion. Terwyl die een besig was om in die slagoffer se voertuig agteruit te ry in die parkeergebied, het ’n ander verdagte ’n man aangeval wat in sy Toyota Fortuner in die omgewing gesit het.
Video’s van die voorval word op sosiale media versprei.
Die Toyota Fortuner-bestuurder (40) is in sy been geskiet en van sy voertuigsleutels beroof. Die verdagtes het weggery in ’n wit Toyota Rumion met HZN 478 FS-nommerplate. Die 44-jarige is na die hospitaal geneem en verkeer in ’n stabiele toestand.
Enigiemand met inligting kan Parkweg-polisie se speurkapt. David Ramasoala by 082 468 1624 bel of whatsapp.
OFM Nuus cg