On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes in moord op Kuruman-boer bly in aanhouding

───   HEIDRÈ MALGAS 11:37 Tue, 22 Oct 2024

Verdagtes in moord op Kuruman-boer bly in aanhouding | News Article
Hendrik Venter. Foto: Maroela Media

Die twee verdagtes wat verdink word van die moord op ’n bejaarde boer van die Kalahari, moet weer op 27 November in Kuruman se landdroshof verskyn nadat die saak uitgestel is vir verdere ondersoek.

Intussen bly Orabile Vincent Motsewakgosi (24) en Kabelo Tata (26) in aanhouding voor hul volgende hofverskyning, sê Mojalefa Senokoatsane, Noord-Kaapse NVG-woordvoerder. Hulle is Saterdag (28/9) omstreeks 10:30 op Hotazel aangekeer.

“Hendrik Venter (81) het sy plaas tussen Kuruman en Hotazel (Saterdag) om 08:30 verlaat om sy beeste te gaan versorg,” het Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, vroeër aan OFM Nuus gesê. Venter se liggaam is omstreeks 09:45 langs sy voertuig gevind met kopwonde. Na bewering word ’n onbekende bedrag kontant vermis.”

Foto: Andries Groenewald/Landbou.com

Twee verdagtes (18 en 20) wat later aangekeer is, is vrygelaat omdat daar slegs bewyse teen twee van die beskuldigdes is, maar die vrygelatenes kan weer in hegtenis geneem word as hulle in verdere ondersoek met die misdaad verbind word, sê Senokoatsane.

Die moord op Venter beklemtoon weer die oormatige geweld in hierdie soort misdaad, meen dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse VF Plus-leier.

“Hoewel Kuruman as ’n misdaadbrandpunt in die Noord-Kaap bekend is, is plaasaanvalle steeds ’n seldsame voorval wat skokgolwe deur die gemeenskap stuur – selfs deur die hele provinsie.”


Hy sê die feit dat Venter op pad was om lone te betaal en dat dié kontant vermis word, “kan lei tot die gevolgtrekking dat die motief vir die aanval bloot ’n rooftog was. Die vraag bly egter waarom dit nodig was om sy lewe te neem.”

Volgens ’n verslag deur AfriForum in 2023 is die helfte van alle slagoffers (aanvalle en moorde) bo 60, selfs al is die ouderdom van slagoffers slegs in 36% van die gevalle bekend. As slegs die ouderdomskategorie vir moorde in ag geneem word, was twee derdes van die moordslagoffers bo 60.

Dit stem ooreen met die bevindings van AfriForum se 2022-verslag oor plaasmoorde, waarin die meeste moordslagoffers (52%) ouer as 60 was. Hierdie verskynsel ondersteun AfriForum se oortuiging dat slagoffers van plaasmoorde fisiek kwesbaarder is.

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.