On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Regstappe kom teen munisipaliteit oor riool in Kroonstad se strate

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:53 Tue, 22 Oct 2024

Regstappe kom teen munisipaliteit oor riool in Kroonstad se strate | News Article
Riool stroom al vir maande in Kroonstad se strate. Foto verskaf

’n Burgerregteorganisasie wil Moqhaka se munisipale bestuurder by die polisie verkla weens riool wat reeds maande in Kroonstad se strate loop.

Ná talle onbeantwoorde briewe aan die munisipaliteit beplan AfriForum se plaaslike tak om vandeesweek regstappe teen die munisipale bestuurder te doen, sê Christa Ikking, Hoogland-distrikskoördineerder, omdat geen doeltreffende maatreëls getref is om die probleem op te los nie.

Die beplande aanklagte is vir die oortreding van die Wet op Waterdienste en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur.

Reitzstraat in Kroonstad. Foto verskaf

Inwoners van die Noord-Vrystaatse dorp raak ál meer gefrustreerd met die ernstige rioolprobleem, sê Ikking. Boonop stel Moqhaka se voortdurende versuim om op hulle versoeke te reageer, die gesondheid en veiligheid van Kroonstadters in gevaar.”

AfriForum het die provinsiale regering in September formeel gewaarsku oor die haglike lewensomstandighede. “Benewens onbehandelde riool wat in riviere gestort word, ervaar woongebiede gereeld oorstromings van riool weens die onvoldoende bestuur en instandhouding van rioolpompe en behandelingsaanlegte.”

Reitzstraat in Kroonstad. Foto verskaf

Dis “skokkend” dat selfs die provinsiale regering nog geen terugvoer hieroor verskaf het nie, meen sy. “Weens die dringendheid van die situasie doen AfriForum nou regstappe sodat die munisipaliteit verplig word om sy grondwetlike en statutêre verpligtinge na te kom.”

Ikking beloof hulle sal aanhou om druk op die owerheid toe te pas om die probleem dringend die hoof te bied. Inwoners word intussen aangespoor “om hul kommer oor die onverantwoordelike bestuur van hierdie kritieke probleem uit te spreek”.

Riool stroom al vir maande in die dorp. Foto verskaf

OFM Nuus het die Moqhaka-munisipaliteit om kommentaar genader.


OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

Gallery

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.