On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Koop nou jou plakker vir Engo Omgie Sivviedag!

───   09:22 Mon, 21 Oct 2024

Sponsored09:22 Mon, 21 Oct 2024
Koop nou jou plakker vir Engo Omgie Sivviedag! | News Article

Engo is opgewonde om vir die vierde jaar Omgiedag aan te bied in samewerking met OFM en Bloemfontein Courant. Engo se amptelike Omgiedag word op 25 Oktober 2024 gevier.

Omgie, ons geliefde mascot, dra die boodskap van omgee oor en moedig almal aan om 'n ligdraer van hoop vir ander te wees. Hoop maak in iemand se hart ’n knoop. ’n Knoop om te sê, alles sal goed gaan met jou. Al gaan dit soms sleg, hou aan vertrou. Vertrou dat die lig in jou lewe helder sal skyn en dat slegte dinge in die lewe alles eendag sal verdwyn.  Ons het hierdie jaar die tema vasgevang in ‘n video waar Omgie vir die eerste keer sy stem laat hoor het.

Elke persoon wat betaal, ontvang ‘n kleurvolle Omgieplakker, wat saam met hulle gewone klere op die dag gedra kan word.  Besighede wat pakkette koop kan Engo laat weet hoeveel plakkers hulle benodig vir hulle personeel deur ‘n epos te stuur na info@engo.co.za.  Daarmee saam versoek ons skole / besighede / die algemene publiek om op Omgiedag ‘n paar mooi foto’s van julle unieke blou uitrustings op facebook te plaas, en Engo Vrystaat te “tag”.    

Plakkers is beskikbaar by alle Engo programme, kantore, sentrums en Kinder en Jeugsorgsentrums.   Vir enige verdere navrae,  kontak gerus die bemarkingskantoor by 060 548 5543 of stuur ‘n epos info@engo.co.za

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.