On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Borskanker: Só verskil die soorte

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:16 Mon, 14 Oct 2024

Borskanker: Só verskil die soorte | News Article
Ongeveer 80% van borskankergevalle is indringend. Foto: iStock

Borskanker is een van die algemeenste kankers wat veral vroue affekteer.

Dit kom voor wanneer kankerselle in die bors vermeerder en gewasse vorm. Ongeveer 80% van borskankergevalle is indringend, wat beteken dat die kanker van die bors na ander dele van die liggaam kan versprei, volgens Cleveland Clinic.

Terwyl vroue bo 50 die grootste gevaar loop van borskanker, kan dit ook by jonger mense gediagnoseer word.

Omdat elke soort borskanker sy eie, unieke eienskappe het, kan ’n mens maklik oorweldig voel deur al die mediese terme en klassifikasies.

Volgens breastcancer.org word die soort borskanker bepaal deur die spesifieke selle binne die bors waar die kanker ontstaan.

Wat is die algemeenste borskanker?

Indringende buiskarsinoom is verantwoordelik vir 72– 80% van alle indringende borskanker. Dikwels word dit eers in ’n gevorderde stadium opgespoor.

Drievoudig-negatiewe borskanker (TNBC) is die aggressiefste tipe. Die waarskynlikheid is groot dat dit verder as die bors sal versprei (metastaseer) en te herhaal ná behandeling. Dit maak sowat 15% van alle borskankergevalle uit.

Metaplastiese borskanker is uiters seldsaam; minder as 1% van alle borskankergevalle, maar ook uiters aggressief. Hierdie gewasse groei vinnig en hou ’n groter gevaar in van metastase.

Foto: Wikipedia

Die algemeenste borskankers:

Buiskarsinoom

Buiskarsinoom is ’n nie-indringende borskanker, waar abnormale selle langs die voering van die melkbuise vorm. Dit maak sowat 70-80% van alle borskankerdiagnoses uit.

As die kanker nie vroeg genoeg behandel words nie, kan dit van die melkbuise na nabygeleë borsweefsel versprei. So kan dit die bloedstroom of limfstelsel binnegaan en na ander organe of die limfknope in die oksel versprei.

Lobulêre karsinoom

Dié soort begin in die bors se melkproduserende kliere en word as indringend beskou. Dit is die tweede algemeenste soort borskanker, sê Fatima, sowat 10–15% van alle gevalle. Dit word gewoonlik by vroue ouer as 55 jaar gediagnoseer.

Drievoudig-negatiewe borskanker

Dit is ’n seldsame soort kanker waar die borskankerselle nie reseptore vir die hormone estrogeen en progesteroon of die proteïen HER2 (“human epidermal growth factor receptor 2”) het nie.

 Medullêre borskarsinoom

Hierdie seldsame vorm van borskanker bevat gewasse wat witbloedselle bevat. Die kankerselle is tipies groter in vergelyking met dié in ander tipes borskanker. Dit is verantwoordelik vir minder as 5% van alle borskankergevalle.


Foto: Wikipedia

Munineuse borskanker

Hierdie soort kanker begin binne die melkbuise en kan na omliggende weefsels versprei. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2% van alle borskankergevalle. Die kankerselle in hierdie indringende vorm is omhul in slym, met musien as die primêre komponent. Alhoewel dit in enige area van die liggaam kan ontwikkel wat musien produseer, kom dit die meeste voor in die bors.

Angiosarkoom

Hierdie tipe gewas ontwikkel binne die sagte weefsel van die bors, afkomstig van die selle wat bloed- of limfvate beklee. Sarkome is die seldsaamste borskanker: minder as 1% van alle gevalle.

Foto: Wikipedia

Inflammatoriese borskanker

Hierdie tipe kanker begin in die sagte weefsels van die bors en kan die limfvate binne die borsvel blokkeer. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 1-5% van alle borskankerdiagnoses.

Borsontsteking kan lei tot skielike veranderinge in borsvorm, wat soms binne net ’n paar weke voorkom. Dit kan ook borspyn veroorsaak, met skerp, kloppende sensasies wat die borste sensitief en ongemaklik maak om aan te raak.

Die mediese inligting in dié berig word net as inligting bedoel. Dit moenie gebruik word vir diagnostiese of behandelingsdoeleindes nie.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.