On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse egpaar reguit tronk toe weens dieremishandeling

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:15 Thu, 10 Oct 2024

Vrystaatse egpaar reguit tronk toe weens dieremishandeling | News Article
Landdros is attent gemaak op Doortjie se vorige skuldigbevinding in 2014. Foto verskaf

’n Egpaar van Brandfort se twaalf honde sterk by die DBV in Bloemfontein aan nadat hulle verwyder is weens erge mishandeling.

Paul en Doortjie Kruger is verlede week ses maande gevangenisstraf opgelê en ’n boete van R3 000 elk nadat ’n dosyn honde uit haglike omstandighede uit hul sorg gered is, sê Duan Matthee, seniorinspekteur van die Nasionale DBV.

Matthee, wat ten tye van die voorval saam met die Bloemfonteinse DBV gewerk het, het ondersoek ingestel nadat bewerings van verwaarlosing en dieremishandeling by die Kruger-huis sy ore bereik het.

‘Hulle het geweier om hom toegang tot die eiendom te gee’

Toe hy die eienaars konfronteer, het hulle geweier om hom toegang tot die eiendom te gee, maar hy het teruggekeer met ’n lasbrief. Toe hy eindelik toegang verkry, het hy in die Krugers se huis op twaalf dwergkese en yorkshireterriërs afgekom. 

“Elkeen van die honde het gely aan die een of ander siektestoestand. Van die hondjies het veltoestande gehad, talle se tande was vrot en hulle het uit die aard van die saak bytplekke en vlooie gehad.”

Van die hondjies het veltoestande gehad. Foto verskaf

Volgens Matthee was baie van die honde ondervoed en het chroniese pyn verduur. Die honde se hokke was ook nie skoongemaak nie. Hy het die egpaar vir bewyse van veeartsenykundige sorg gevra, “maar hulle het niks gehad om te wys nie”.

Matthee het besluit om dadelik op die honde beslag te lê, maar die egpaar wou dit verhoed. “Hulle het die deure van die hokke oopgemaak in die hoop dat die honde sou weghardloop.”

Al twaalf is gevang en na die DBV in Bloemfontein geneem. 

‘Hy het hof oortuig van uiterse wreedheid’

Matthee het intussen by die NDBV begin werk, maar geweier om die saak daar te laat. Tydens die Krugers se verhoor het hy die hof oortuig van die uiterse wreedheid en die landdros attent gemaak op Doortjie se vorige skuldigbevinding aan dieremishandeling in 2014.

Dit het daartoe bygedra dat albei beskuldigdes ’n boete van R3 000 en ses maande direkte gevangenisstraf opgelê is. 

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.