On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat Landbou verleen hulp ná verwoestende brande op Memel, nog nodig

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:06 Tue, 01 Oct 2024

Vrystaat Landbou verleen hulp ná verwoestende brande op Memel, nog nodig | News Article
Foto verskaf

“Te midde van hierdie verwoesting het skenkings ingestroom, met bale hooi wat van reg oor die land ingery word. Die mense en boere wat geraak is, is dankbaar vir die ondersteuning. Hierdie is steeds ‘n enorme uitdaging, maar ons bly hoopvol.”

Talle individue en organisasies het ingespring om te help nadat 'n brand Donderdag (26/9) in Memel, Vrystaat, uitgebreek het.

Vrystaat Landbou (FL) se grondvlakspanne het “na ’n reeks van sewe verwoestende veldbrande van Donderdagaand tot Saterdag (28/9) in die Vrede-, Memel- en Verkykerskop-gebiede ingegryp om brandbestrydingspogings te koördineer,” sê Wicus van der Merwe, Memel-boerevereniging (MBV) se Sekretaris en hoof brandhulpkoördineerder.

Sterk winde het Donderdag minstens nege veldbrande aangevuur, wat duisende hektaar weiveld en landerye vernietig het. Verskeie huise is tot as gereduseer en honderde vee en wilde diere is deur die vlamme verteer.

Die woedende brande het veral die Memel-, Verkykerskop- en Vrede-streke geraak. Ironies genoeg het hierdie selfde gebiede net die vorige naweek erge sneeuval en bitter koue verduur.

Hoewel die presiese oorsaak en volle omvang van die brandskade onduidelik bly, dui huidige skattings daarop dat ongeveer 70% van Memel se grond verskroei is, sê Van der Merwe.

Foto verskaf

“Te midde van hierdie verwoesting het skenkings ingestroom, met bale hooi wat van reg oor die land ingery word. Die mense en boere wat geraak is, is dankbaar vir die ondersteuning. Hierdie is steeds ‘n enorme uitdaging, maar ons bly hoopvol.”

Vrystaat Landbou het R100 000 uit sy Rampfonds tot die Memel-boerevereniging bygedra en gereël dat twee vragte ruvoer Maandag (30/9) en Dinsdag (1/10) afgelewer word. “Die Vereniging sal toesig hou oor die verspreiding van voorrade aan sy lede wie se eiendomme vernietig is, sê Francois Wilken, Vrystaat Landbou voorsitter (VL).

VL het ook hul innige meegevoel betuig met Marina le Roux (80), wat Donderdag tragies in die brande oorlede is. Haar man, Koen (78), is beseer in die brand wat hul plaashuis verwoes het. Hy ontvang tans behandeling in die hospitaal.

Foto verskaf

Die organisasie het ook sy simpatie uitgespreek met alle boere wat enorme verliese gely het, insluitend geboue, vee, voertuie, toerusting en infrastruktuur, soos heinings, waterkrippe en pype. Voorlopige verslae dui aan dat sommige boere tot 500 skape en 300 beeste verloor het.

Volgens Van der Merwe het die MBV vergader om pogings te beplan en te koördineer en meer gedetailleerde inligting in te samel. “Verwerkte satellietbeelde, wat presiese data sal verskaf oor die area en persentasie plase wat geraak word, sal eers ná sewe dae beskikbaar wees.”

‘Verouderde WoF-voertuie bly by plaaslike munisipaliteite’

Van der Merwe het onsekerheid uitgespreek oor die ontplooiing van “Working on Fire”-spanne. “Dit is later deur die brandweerbeampte van die Noordoos-Vrystaatse Brandbestrydingsvereniging bevestig dat die onttrekking van Kishugu-voertuie uit WoF-spanne verhoed het dat die Memel-span ontplooi kon word.

“Dit was eers die volgende dag dat boere die spanne kom haal het om te help met opruimoperasies,” het Van der Merwe bygevoeg.

Beide VL en die brandweerbeampte het kommer by politieke owerhede uitgespreek oor die tekort aan brandbestrydingsvoertuie. verouderde WoF-voertuie bly by plaaslike munisipaliteite en wag op herontplooiing.

“Hoewel sommige gebiede van die Vrystaat reën gekry het, lê daar nog ’n lang brandseisoen voor, en daar kan nie toegelaat word dat die wanbestuur van staatstoerusting voortduur nie,” sê Kempen Nel, Natuurlike Hulpbronnekomitee Voorsitter VL.

"Dit is ongelooflik om te sien hoe trokke vol hooi, mieliereste, bale en lusern na die geaffekteerde gebiede gestuur word. Hier is ernstige skade. Sommige boere het honderde beeste en skape verloor, lewendig verbrand. Sodra die hooi aankom, vreet die vee direk van die trokke af,” sê Marthinus Willemse Memel-boerevereniging se voorsitter.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.