On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Odendaalsrus-pastoor wat hond doodsteek, aangekla vir beweerde verkragting

───   HEIDRÈ MALGAS 11:14 Tue, 01 Oct 2024

Odendaalsrus-pastoor wat hond doodsteek, aangekla vir beweerde verkragting | News Article
Past. Andries Jeremiah Labuschagné. Foto: Facebook

“Ons kan bevestig dat die man van die egpaar van Odendaalsrus aangekla is van die beweerde verkragting van ’n minderjarige, en die vrou is aangekla omdat sy versuim het om seksuele misbruik van ’n minderjarige aan te meld.”

Die pastoor van Odendaalsrus, wat na bewering ’n boelterriër doodgesteek het, is ook aangekla van die beweerde verkragting van ’ minderjarige.

“Ons kan bevestig dat die man van die egpaar van Odendaalsrus aangekla is van die beweerde verkragting van ’n minderjarige, en die vrou is aangekla omdat sy versuim het om seksuele misbruik van ’n minderjarige aan te meld, wat rondom Julie 2024 plaasgevind het,” het Loraine Earle, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die vrou het haar borgtogaansoek laat vaar. Die man sal Woensdag (2/10) formeel om borgtog aansoek doen. Hulle bly in aanhouding.”

Past. Andries Jeremiah Labuschagné en sy vrou, Reinette (Nettie). Foto Facebook

Past. Andries Jeremiah Labuschagné en sy vrou, Reinette (Nettie) verskyn weer in die hof op aanklagte van dieremishandeling nadat hy die boelterriër Leo verskeie kere met messe gesteek het, asook van die aanranding op die boelterriër se eienaar, Tanya Sanders.

“Hulle is weer borgtog geweier en die paartjie bly in aanhouding. Ons bedank die hof op Odendaalsrus, ons staatsaanklaers en ons ondersteuners,” sê Thea Smit, voorsitter van die DBV op Virginia.

OFM Nuus het voorheen berig volgens Smit het die opsigter by die honde-eienaar aangedring dat die boelterriër in ’n leë eenheid gehou word en nie in die woonstelle kon oornag nie. Die eienaar het ingestem en gesê sodra iemand sterk genoeg beskikbaar is om die hond te hanteer, sou hulle hom na die eenheid toe neem.

Leo op sy eerste verjaardag, waar hy 'n sny sjokaladekoek geniet het. Foto: Facebook

Labuschagné het Leo na bewering met ’n tou probeer verwurg. “Toe die tou nie werk nie, het Andries vir Reinette gevra om ’n mes te gaan haal om Leo te steek,” beweer Smit. Dit alles het gebeur terwyl Leo se eienaar bo-op hom gelê het om hom te beskerm en gesmeek het dat sy lewe gespaar word.

Iemand het ’n video geneem van die voorval wat die ronde op sosiale media gedoen het. Talle sosialemediagebruikers was die hoenders in.

OFM Nuus/Heidre Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.