On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Moordsaak ná gruvonds op Mahikeng-stortingsterrein

───   HEIDRÈ MALGAS 15:56 Thu, 19 Sep 2024

Moordsaak ná gruvonds op Mahikeng-stortingsterrein | News Article
Foto ter illustrasie

“Die polisie het die gemeenskap se hulp gevra om die vrou te identifiseer. Sy is later as Gabana Kgosi geïdentifiseer.”

’n Moordsaak is deur die Mafikeng-polisie geopen nadat die liggaam van ’n vrou (41) in Danville buite Mahikeng naby ’n stortingsterrein gevind is. 

“Die polisie het die gemeenskap se hulp gevra om die vrou te identifiseer, en sy is later as Gabana Kgosi geïdentifiseer,” sê Adele Myburgh, polisiewoordvoerder. “Volgens aanvanklike ondersoeke het dit duidelik geword dat die oorledene verkrag is voordat sy vermoor is.”

Sy sê haar gesig was bedek met ’n roomkleurige of wit broek met ’n blommeprent daarop, terwyl ’n perskekleurige T-hemp, ’n grys-en-swart bloes en ’n militêre baadjie langs haar gevind is. Sy was kort en skraal met lang hare.

‘’n Foto van die oorledene is dikwels baie nuttig’

Verskeie pogings word aangewend om oorledenes uit te ken, sê dr. Paul Morule, uitvoerende hoof van patologiese dienste in Gauteng. “Wanneer ons ‘n oorledene wil identifiseer of die naasbestaandes opspoor, word inligting oor hoe die oorledene vermoedelik gesterf het, waar en wanneer die oorblyfsels gevind is, die weerstoestande en bakens aan die polisie of die media deurgegee.

“Enige merke of tatoes aan die liggaam, voorkoms, wat die oorledene aangehad het, wat in die oorledene se besit was, en ’n foto van die oorledene is dikwels baie nuttig,” sê Morule.

Die polisie vra enigeen met inligting wat in die moordondersoek kan help, moet sers. Boitumelo Motsamai, ondersoekbeampte, by 079 881 9905 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Anonieme wenke kan via die MySAPS-app vanaf jou slimfoon deurgegee word.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.