On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Klerksdorp-aanranding: Voorverhoor begin Maandag

───   HEIDRÈ MALGAS 11:19 Thu, 19 Sep 2024

Klerksdorp-aanranding: Voorverhoor begin Maandag | News Article
Hilton Pretorius

“Nadat die hof die aanklagte gelees het, is Botha in kennis gestel dat die aanklagte ’n minimum vonnis van 15 jaar dra.”

’n Moordsaak, wat spruit uit ’n ernstige aanranding in ’n parkeerterrein in Klerksdorp, is uitgestel vir ’n voorverhoor Maandag, nadat die beskuldigde Woensdag in die Klerksdorp-streekhof verskyn het.

“Wernich Botha (33) word aangekla van moord en twee klagte van poging tot moord. Nadat die hof die aanklagte gelees het, is Botha in kennis gestel dat die aanklagte ’n minimum vonnis van 15 jaar dra,” volgens dokumente verskaf deur Hilton Pretorius se ma, Linda Mey.

Pretorius (32) is in September in Doringkruin aangerand en het 18 dae later aan sy beserings beswyk.

Skermgreep van die video wat die rondte op sosiale media doen. Video: Facebook

“Die beskuldigde het gereageer op die hof se verduideliking van die erns van die aanklagte en die minimum vonnis van 15 jaar.”

Die beskuldigde se prokureur het versoek dat die saak uitgestel word tot Maandag 23 September 2024. Die hof het die versoek toegestaan en daar word vermoed dat ’n voorverhoordatum op Maandag 23 September 2024 vasgestel sal word.

Dankbaar vir professionele ondersteuning

“Ons, die gesin van Hilton Pretorius, spreek ons dank uit teenoor die Afriforum-span vir hul onbaatsugtige, uiters professionele insette en ondersteuning,” sê Mey.

Botha (33) is kort ná die voorval in hegtenis geneem op aanklagte van poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die aanklag is later verander na moord.

Wernich Botha. Foto: Facebook

Volgens die polisie se inligting het ’n man in September verlede jaar twee mans aangerand. Een van hulle het ernstige breinbeserings opgedoen, het Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder, bevestig.

In die video wat destyds op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe Botha, wat geïdentifiseer is as die aanvaller, probeer om die slagoffers te help nadat hy hulle te lyf gegaan het.

OFM Nuus het voorheen berig dat Pretorius in die hospitaal gesterf het. Die Klerksdorpse sakeman PW Roos is bewusteloos geslaan toe hy na bewering tydens die voorval tussenbeide wou tree.

OFM Nuus/Heidrè Malgas cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.