On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Kanker eis Oud-Bloemfonteiner twee jaar ná haar dogtertjie

───   HEIDRÈ MALGAS 15:58 Tue, 10 Sep 2024

Kanker eis Oud-Bloemfonteiner twee jaar ná haar dogtertjie | News Article
kanker is in 2022 by Christel en Ané Terblanchè gediagnoseer. Foto verskaf

“Christel Terblanchè is oorlede ná ’n stryd met Ewing-sarkoom, ’n kanker wat in die bene voorkom. Haar dogtertjie, Ané, is in 2022 oorlede nadat haar kanker in remissie was.”

’n Oudleerder van Hoërskool Sentraal is aan kanker oorlede, twee jaar nadat die siekte ook haar dogtertjie se lewe geëis het.

Christel Terblanchè (39) is Woensdag (4/9) oorlede ná ’n stryd met Ewing-sarkoom, ’n kanker wat in die bene voorkom. Haar dogtertjie, Ané, het in 2022 gesterf nadat haar leukemie in remissie was.

Spesiale mens

“Christel was ’n ongelooflike mens,” vertel haar vriendin Jolene Saaiman. “Sy het altyd almal om haar probeer help, maak nie saak hoe sy gevoel het nie.”

Saaiman onthou Terblanchè het altyd ná chemoterapie gesê dit gaan goed met haar en het nooit gekla nie. “Sy was altyd dankbaar dat sy tyd saam met haar familie kon deurbring. Sy was ’n spesiale mens wat baie omgegee het vir haar medemens.”

Die Terblanchè-gesin. Foto verskaf

Reach for a Dream het Terblanchè en haar gesin ’n paar jaar gelede met vakansie geneem. Die stigting het ook geld ingesamel vir Ané se behandeling, en Terblanchè het die res van die geld gebruik om vir ’n siek seuntjie in Pretoria se behandeling te betaal.

Die gesin het in Februarie 2022 na Jeffreysbaai verhuis. 

“Hulle was ’n lig in soveel mense se lewe, en dit was ’n eer vir my om hulle te kon bystaan en leer ken. Ons bid vir haar man, Riaan, en haar seuntjie, Johann.”

‘Van 2015, toe sy pas twee jaar oud was, tot 2019 het sy kiemselkanker gehad’

Kanker is in Maart 2022 by Christel gediagnoseer en haar dogtertjie, Anemay (Ané), se bloedkanker omstreeks dieselfde tyd. Ané is op 7 Oktober 2022 oorlede.

Volgens Huisgenoot het Ané die grootste deel van haar lewe teen kanker geveg. Van 2015, toe sy pas twee jaar oud was, tot 2019 het sy kiemselkanker gehad. Dit was in remissie toe die dokters leukemie gevind het.

OFM Nuus/Heidre Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.