On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Geliefde Naval Hill-kameelperd sterf

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:21 Tue, 10 Sep 2024

Geliefde Naval Hill-kameelperd sterf | News Article
Een van die kameelperdbulle op Naval Hill. Foto: Morgan Piek

“Die Vriende van Franklin, ’n organisasie sonder winsoogmerk, bedryf en hou die reservaat in stand sowel as die paaie vir toerisme.”

Besoekers aan Naval Hill in Bloemfontein sal voortaan ekstra fyn moet kyk om ’n kameelperd te gewaar.

Een van die Franklin-natuurreservaat se geliefde kameelperde, Bulperd (17), is Sondag (8/9) dood langs ’n grensdraad aangetref, sê Andri Grobbelaar, voorsitter van die Vriende van Franklin. 

Foto verskaf

“Bulperd se toestand het die laaste paar maande versleg, en ondanks die toediening van byvoeding, het ons geweet sy tyd loop uit.”

Grobbelaar sê sy is Sondag van Bulperd se ineenstorting ingelig. Met haar aankoms op Naval Hill was die personeel van die DBV en die departement van kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake reeds daar. 

Die Vriende van Franklin, ’n organisasie sonder winsoogmerk, bedryf en hou die reservaat in stand, sowel as die paaie vir toerisme.

Grobbelaar vertel Bulperd is op Naval Hill gebore, en sy ma, Masabatha, is in 2022 op Naval Hill dood nadat sy in ’n erosiesloot vasgeval het. 

Bulperd en Masabatha se kalf, Paseka (5), was een van die drie oorblywende kameelperde op Naval Hill.

">

Ná Masabatha se dood het die organisasie en Mangaung-metro in April verlede jaar twee kameelperdkoeie van die Rooipoort-natuurreservaat by Kimberley ontvang, met die doel om die kameelperdbevolking daar ’n hupstoot te gee. 

Grobbelaar het voorheen aan OFM Nuus gesê dat hierdie nuwe aankomelinge ’n drie-jaar lange droom is wat waar geword het.

Die Vriende van Franklin het self die geld ingesamel vir die vang, hervestiging en mediese behoeftes van die diere. Die kameelperde, Kariba (4) en Zuri (3), is vanaf die Weltevreden-wildplaas, sowat 30 km noord van Bloemfontein langs die N1, vervoer.

10 wetenswaardighede oor kameelperde:

  • Kameelperde het ’n swart tong.
  • Hulle word nie as bedreig geklassifiseernie, maar hulle is redelik skaars en word net in die natuur in Afrika aangetref.
  • Hulle lyk dalk traag, maar kameelperde kan tot 60 km/h hardloop.
  • Kameelperdkalwers is ongeveer 2 m lank by geboorte, en volwasse mannetjies kan tot 6 m lank word.
  • Die mannetjies vreet gewoonlik die hoogste, boonste blare van takke. 
  • Kameelperde vreet die grootste deel van die dag, en eet tot 16 uur per dag kos.
  • Hulle kan daagliks tot 30 kg kos vreet.
  • As gevolg van hul lang nekke wat dit ongemaklik maak, drink kameelperde nie dikwels water nie, maar sal een keer per dag ’n watergat besoek om sowat 40 L water te suip.
  • Kameelperde sweet nie om hul liggaamstemperatuur te reguleer nie; in plaas daarvan bestuur hulle hul liggaamshitte op ander maniere.
  • Hulle kan hul tong tot ’n halwe meter uitstrek om takkies met sappige blare te bereik en te verteer.

 OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.