On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Vier vermeende ontvoerders van Bethlehemse pastoor, vrou bly in aanhouding

───   ZENANDE MPAME 15:50 Thu, 05 Sep 2024

Vier vermeende ontvoerders van Bethlehemse pastoor, vrou bly in aanhouding | News Article
Vier vermeende ontvoerders van Bethlehemse pastoor, vrou bly in aanhouding. Foto verskaf

“Die vier sal in hul volgende hofverskyning om borgtog aansoek doen.”

Die vier verdagtes in die ontvoering van ’n pastoor en sy vrou van Bethlehem bly in aanhouding ná ’n vlugtige verskyning in die Sasolburgse landdroshof. 

Tony Mahlangu (31), Andile Memane (31), Thabiso Makoe (34) en Xolani Ntsomi (41) doen na verwagting Maandag 16 September aansoek om borgtog. Die polisie hou hulle aan vandat hulle Sondag (25/8) in Sharpeville in hegtenis geneem is nadat die egpaar se voertuig in Sebokeng gevind is.

Past. Phillip (55) en Elsie (54) Mashudu en sy vrou is die Maandagaand ongedeerd in Everton gevind nadat hulle drie dae tevore as vermis aangemeld is, sê Mojalefa Senokoatsane, Vrystaatse NVG-woordvoerder.

Past. Phillip (55) en Elsie (54) Mashudu en sy vrou is die Maandagaand ongedeerd in Everton gevind. Foto: Facebook

“Die provinsiale taakspan het beslag gelê op verskeie bankkaarte by die adres (waar die egpaar gevind is), asook ’n aansienlike bedrag kontant en ’n speelgoedgeweer toe hulle die vierde verdagte in Evaton in hegtenis geneem het,” het Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, destyds gesê.

Mashudu en sy vrou het Bethlehem Vrydag (23/8) in hul wit Mercedes-Benz GLS verlaat om Vrydag ’n kerkkonferensie op Parys by te woon, maar het nooit daar aangekom nie. Die weeldemotor is twee dae later in Sebokeng gevind.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.