On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Springfontein-kleuters dood in vrieskas gevind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:00 Mon, 02 Sep 2024

Springfontein-kleuters dood in vrieskas gevind | News Article
Vrieskaste moet eerder gesluit word sodat kinders nie kan inklim nie. Foto: iStock

Een van die doeltreffendste maniere om jou kind se veiligheid te verseker, berig Appliances Online, is om kinderbestande slotte aan jou ys- en vrieskas te installeer.

Die soektog na twee vermiste kinders van Springfontein het tragies geëindig toe hul liggame in ’n vrieskas gevind is.

“Polisiebeamptes op dié Suid-Vrystaatse dorp doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat die liggame van twee seuns Sondag (1/9) omstreeks 19:30 in ’n vrieskas gevind is,” sê kapt. Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Blykbaar is die twee seuns (6 en 7) laas gesien toe hulle omstreeks 12:00 buite gespeel het. Familie en vriende het vergeefs heelmiddag en vroegaand na hulle gesoek voor hulle as vermis by die polisie aangemeld is.

‘Seuns is op die toneel dood verklaar’

“Die seuns was by vriende ten tyde van die voorval en is in hul ou vrieskas in die motorhuis gevind,” sê Earle. Die seuns is op die toneel dood verklaar. Geen misdaad word vermoed nie.

Een van die doeltreffendste maniere om jou kind se veiligheid te verseker, berig Appliances Online, is om kinderbestande slotte aan jou ys- en vrieskas te installeer.

Hierdie slotte is ontwerp om buite bereik van klein handjies te wees. Dit is steeds toeganklik vir volwassenes en verhoed dat jou kind toegang tot die yskas se inhoud kry.

Childproof.co.za gee wenke om te verseker dat ’n yskas veilig is: 

  • Om te verhoed dat ’n kind per ongeluk in die yskas vasgevang word oorweeg dit om toestelbande te gebruik. Hierdie bande maak die yskasdeur aan die muur vas om te verseker dat die deur nie heeltemal kan toemaak sonder ’n volwassene se betrokkenheid nie.
  • Verwyder enige rakke of dromme waarop kinders kan klim om toegang tot die binnekant van die yskas te kry of maak dit stewig vas.
  • Gaan die deurseëls na om te sorg dit is in ’n goeie toestand en dat die yskas dig toemaak wat dit moeiliker maak vir kinders om van binne af oop te maak.
  • Oorweeg dit om in ’n yskas te belê met ingeboude veiligheidskenmerke of meganismes wat ontwerp is om te verhoed dat kinders daarin vasgevang word. Sommige modelle het kenmerke wat outomaties van binne ontsluit as hulle beweging bespeur.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.