On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

B-b-b-bibberweer na verwagting op pad

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:38 Sun, 04 Aug 2024

B-b-b-bibberweer na verwagting op pad | News Article
Waarskuwing oor ongure weer uitgereik. Foto: iStock

“Uiters hoë brandgevaartoestande word oor die meeste dele van die land verwag, behalwe die westelike en noordoostelike streke.”

Ongure weer word na verwagting Maandag (8/4) vir die hele land voorspel. ‘n Waarskuwing is uitgereik teen ’n erge kouefront wat in groot dele van Sentraal-Suid-Afrika voorkom. Baie koue toestande word vanaf Sondag verwag en sal na verwagting tot Maandag voortduur.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) word sterk tot stormsterk winde en ligte sneeuval oor dele van die Wes-Kaapse binneland, die Namakwaland en die binneland van die Oos-Kaap verwag.

’n Geel vlak 2-waarskuwing is ook uitgereik vir skadelike winde oor die binneland van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, suidelike en oostelike dele van die Noord-Kaap, suidelike dele van Noordwes, oostelike en suidelike dele van die Noord-Kaap, en die meeste dele van KwaZulu-Natal.

’n Geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir ontwrigtende reënval in dele van die Weskus, Kaapstad, Boland en westelike dele van die Overberg in die Wes-Kaap.

Skadelike winde en ’n baie onstuimige see word verwag tussen Saldanhabaai en Port St. Johns, asook langs die KwaZulu-Natalse kus.

Uiters hoë brandgevaartoestande word oor die meeste dele van die land verwag, behalwe die westelike en noordoostelike streke.


Cherelle Ehlers, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het die volgende wenke gedeel vir mense om veilig te bly wanneer hulle verhittingstoestelle gebruik wat moontlik 'n gevaar kan word:

  • Maak seker dat jy 'n brandblusser naby het.
  • Laat 'n deur of venster gedeeltelik oop wanneer 'n verwarmer met brandstof gebruik word, om koolstofmonoksiedvergiftiging te voorkom.
  • Moenie verwarmers naby klein kinders of troeteldiere plaas nie.
  • Hou verwarmers weg van vlambare materiale.
  • Inspekteer gastoestelle gereeld om seker te maak daar is geen lekkasies nie.
  • Moet nooit nat of klam materiaal of klere op 'n elektriese verwarmer droog nie.
  • Onthou om jou verwarmer af te skakel wanneer jy gaan slaap of die huis verlaat.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.