On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Pa van Upington gevonnis nadat hy dogter (15) verkrag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:38 Sun, 04 Aug 2024

Pa van Upington gevonnis nadat hy dogter (15) verkrag | News Article
Twee mans van die Noord-Kaap is gevangenisstraf opgelê weens die verkragting van minderjariges. Foto: iStock

“Die slagoffer het saam met haar vriendin buite gesit toe haar pa haar roep en haar vriendin huis toe stuur.”

‘n Pa van Upington is lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting van ‘n minderjarige.

Die 40-jarige pa van Paballelo is in die Upington-streekhof tot 25 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan verkragting van sy biologiese dogter, sê sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.

‘Hy het haar met ’n mes gedreig toe sy hom keer’

“Die slagoffer het op 1 Januarie omstreeks 03:00 saam met haar vriendin buite gesit toe haar pa haar roep en haar vriendin huis toe gestuur het. Hy het sy 15-jarige dogter begin betas en haar toe met ‘n mes gedreig toe sy hom keer. Hy het haar toe verkrag en met die dood gedreig indien sy iemand sou vertel,” sê Masegela.

Die voorval is by die polisie aangemeld en die beskuldigde is op 2 Januarie in hegtenis geneem. Die polisiebestuur het die skuldigbevinding verwelkom en die noukeurige ondersoek deur sers. Josef van Wyk, verbonde aan Upington se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, geloof.

“Speurders in die Noord-Kaap bly toegewyd om te verseker dat geregtigheid geskied vir die slagoffers van geslagsgeweldsmisdaad,” sê Masegela.

In ’n ander voorval is ’n man (46) van Kakamas Dinsdag (16/7) tronkstraf opgelê nadat hy ook aan verkragting van ’n minderjarige skuldig bevind is.

“Die beskuldigde is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is,” het Molefi Shemane, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Shemane is die meisie (17) op 4 Maart 2020 op pad huis toe deur die man oorval. “Die beskuldigde het die slagoffer gedreig dat hy haar sou doodmaak indien sy skree. Hy het haar na ’n verlate huis gesleep en haar verkrag.”

Sy het die verkragting by die Kakamas-polisiekantoor aangemeld waarna die verdagte in hegtenis geneem is.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.