On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteinse hoërskoolkoor wen goud in ATKV-Applous

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:01 Tue, 30 Jul 2024

Bloemfonteinse hoërskoolkoor wen goud in ATKV-Applous | News Article
Die jaarlikse ATKV-Applous-koorkompetisie is in Kaapstad gehou. Foto verskaf

“Ons het geweldige ondersteuning van die gemeenskap gehad, en dit was veral betekenisvol om die skoolhoof teenwoordig te hê om ons optrede te aanskou.”

’n Bloemfonteinse hoërskoolkoor keer terug vanaf ATKV-Applous met ’n goue toekenning.

Die Eunice Vitae Cantamus-koor het Saterdagaand (28/7) goud verower in die jaarlikse ATKV-Applous-koorkompetisie in Kaapstad waar hulle in die eindronde van die prestigekompetsie deelgeneem het.

Die koor, wat uit 55 leerders van gr. 9–12 bestaan, het ’n indrukwekkende telling van 88,87% behaal. Kore wat tussen 60%-69% behaal, kry brons, tussen 70% en 79% silwer en tussen 80% en 89% goud.

‘Eunice sing van die lewe’

Die koor se naam, Eunice Vitae Cantamus, het ’n diepgaande betekenis – “Eunice sing van die lewe”.

Reta Visser, koorleier, vertel die kompetisie het uit verskeie kategorieë bestaan, waaronder die ope afdeling, merieteafdeling en prestigeafdeling, waaraan die Eunice-koor deelgeneem het.

Skole uit alle uithoeke van Suid-Afrika en Namibië moes eers kwalifiseer tydens streeksuitdunne in Mei. Slegs die toppresteerders het deurgedring na die eindrondes, wat jaarliks in ’n ander stad aangebied word.


Vanjaar het ’n rekord van 292 kore ingeskryf, en onder die meisieskore was Eunice een van die vier genooide kore, saam met die Hoër Meisieskool Clarendon (Oos-Londen), Hoër Meisieskool Bloemhof (Stellenbosch) en die Hoërskool Stellenberg (Bellville).

Om vir die kompetisie voor te berei, het die koor elke Maandag en Woensdag geoefen, vertel Visser, wat glo in konsekwentheid; daarom het die koor net voor die kompetisie ’n oefenkamp bygewoon.

Sy het ook die belangrikheid van hul prestasie vir die skool beklemtoon en daarop gewys dat dit Eunice se uitnemendheid nie net in akademie en sport nie, maar ook in kultuur ten toon stel. “Ons het geweldige ondersteuning van die gemeenskap gehad, en dit was veral betekenisvol om die skoolhoof teenwoordig te hê om ons optrede te aanskou.”

Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in die land en het skoolkore met die jare die geleentheid gebied om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef.

Die Laerskool Mooirivier van Potchefstroom het intussen goud verower met 87,7%, terwyl die Laerskool Willem Postma van Bloemfontein ook ’n goue toekenning verwerf het.


Die eerste kore en koormusiek waarvoor bewyse bestaan, dateer uit omstreeks 200 v.C. in Griekeland. Die struktuur was Delfiese gesange. Omstreeks 200 n.C. het Mesomedes koormusiek gekomponeer.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.