On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Meisie (16) van Odendaalsrus sedert Sondag vermis

───   HEIDRÈ MALGAS 10:42 Sat, 13 Jul 2024

Meisie (16) van Odendaalsrus sedert Sondag vermis | News Article
Kelebogile Joy Majoro. Foto verskaf

“Toe haar ouma bel om haar veilige aankoms te bevestig, het sy gehoor dat Kelebogile nooit daar aangekom het nie.”

Die Vrystaatse polisie vra die gemeenskap van Odendaalsrus, naby Welkom, se hulp om ’n 16-jarige meisie op te spoor wat Sondag (7/7) laas gesien is.

“Kelebogile Joy Majoro is omstreeks 10:00 Sondag die laaste keer in Kutloanong gesien,” sê polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng.

“Majoro het haar ouma, Motlalentoa Alina Botipe, ingelig dat sy haar ma in Blok 1 van Kutloanong besoek.” 

Kelebogile Joy Majoro is ’n graad 11-leerder. Foto verskaf

“Toe Botipe egter om 13:00 Kelebogile se ma skakel om haar veilige aankoms te bevestig, het sy gehoor dat Kelebogile nooit daar aangekom het nie.”

“Ten spyte van herhaalde oproepe na haar selfoon en navrae by vriende en familie, bly Kelebogile steeds vermis.”

Ten tyde van haar verdwyning het sy ’n swart rok, ’n wit hoodie, wit “bootslippers” en ’n bruin doek gedra. Kelebogile is lig van gelaat, medium gebou, en is ’n graad 11-leerder.

’n Dossier vir ’n vermiste persoon is geregistreer en die saak word ondersoek.

Enigiemand met inligting oor waar Kelebogile haar moontlik bevind, word versoek om Kapt. Kaiser Chalube van Odendaalsrus Speurdiens te kontak by 082 850 8640, of die Misdaad Stop-nommer, 08600 10111.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.