On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Polisie maak deurbraak in hoogspringkampioen se moord

───   06:47 Fri, 12 Jul 2024

Polisie maak deurbraak in hoogspringkampioen se moord  | News Article
Jacques Freitag het sy Olimpiese debuut vir Suid-Afrika in 2004 gemaak. Foto: X

“ ’n Moontlike liefdesdriehoek kan die motief vir Freitag se moord wees.”

Die polisie in Gauteng het ’n deurbraak gemaak in die moordondersoek van die voormalige hoogspring-wêreldkampioen Jacques Freitag.

C/Shantelle Oosthuizen. Foto Facebook

Die atleet (42) het in Junie vermis geraak en sy liggaam is op 1 Julie naby die Zandfontein-begraafplaas gevind.

Verskeie mediahuise het berig dat ’n moontlike liefdesdriehoek die motief vir Freitag se moord kon wees en die polisie in Hercules, in Gauteng, het Woensdag lasbriewe vir die inhegtenisneming van Rudie Lubbe en Chantelle Oosthuizen bekom.

Die polisie glo dat hulle op vlug is ná die ontdekking van Freitag se liggaam.

Lubbe en Oosthuizen staan tereg op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg. Freitag het 'n koeëlwond en verskeie ander beserings opgedoen.

Freitag het sy Olimpiese debuut vir Suid-Afrika in 2004 gemaak, hoewel hy die finale rondte misgeloop het. Hy het ’n jaar later sy Afrika-rekord tot 2,38m verbeter, ’n rekord wat vandag nog staan.

Enigiemand met inligting oor waar die verdagtes is, word aangemoedig om die ondersoekbeampte, speurkapt. Martin Smith, by 082 778 9385 te kontak.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.