On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Brrr, maar dit is mooi foto’s van Vrystaatse koue!

───   09:18 Sun, 07 Jul 2024

Brrr, maar dit is mooi foto’s van Vrystaatse koue!  | News Article
Foto: Facebook/Storm Report SA

Foto’s van Vrystaatse koue het sosiale media in vervoering.

Vrystaters het Sondagoggend (7/7) in temperature onder vriespunt wakker geword. Terwyl die meeste waarskynlik verkies het om langer onder die komberse te kuier, was daar ’n paar dapperes wat dit klappertand buite gewaag het om mooi foto’s te neem.

Foto: Facebook/Storm Report SA

“Minus vyf grade vanoggend in Bloemfontein. Dit is wat gebeur as jy vergeet om die besproeiing gedurende die nag toe te maak,” is die byskrif by dié foto’s wat deur Storm Report SA op Facebook geplaas is.

“Pragtig! Ek onthou jare gelede toe ons op 'n kleinhoewe in Meyerton gebly het wakker geword met 'n winterwonderland as gevolg van die besproeiingstelsel. Dit was asemrowend!” is Elizabeth Blair se kommentaar, terwyl Regan Demos reken dit “sal nie 'n probleem in Gauteng wees nie - ons het die meeste van die tyd nie water nie”.

Foto: Facebook/Storm Report SA

“Ek weet dit is vriesend, maar jou foto's van die yskristalle op die gras en blare, is verstommend mooi,” sê Diane Pirie McGladdery. “Ek het eenkeer in Bloemfontein oorwinter en in die oggend kon die water nie uit die kraan kom nie, want dit was gevries,” onthou Zeenclaire Pre-tee Black.

“Hoekom vergeet mense van besproeiing terwyl ons land skaars is aan waterbronne,” wonder Tharina du Toit.  “Seker nie goed vir die plant s'n nie maar hoe ongelooflik mooi,” is Amanda Smith se kommentaar.

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.