Central SA
Bella Casa Décor: ’n eksklusiewe dekor-ervaring in Welkom─── 10:17 Mon, 24 Jun 2024
Sponsored10:17 Mon, 24 Jun 2024
"Die lewe is kort, daarom glo ek ‘life should be chic, glamorous and colorful and so should your home’.”
Yolanda Maartens gesels op Mid-Morning Magic met Ina Rohrs van Bella Casa Décor in Welkom. Hierdie eksklusiewe winkel is jou eenstopbestemming vir pragtige en unieke dekor vir elke huis.
Wie is Bella Casa Décor?
Bella Casa Décor is jou eenstop-eksklusiewe winkel vir elke huis. Maak nie saak hoe klein of hoe groot jou vertrek of jou begroting is nie, met ’n bietjie raad en ’n gesogte meubel of dekor item kan ’n vertrek spreekwoordelik “van ’n padda in ’n prins verander”.
Die magie van transformasie
Ina Rohrs van Bella Casa Décor in Welkom verduidelik hoe sy kliënte besoek en hele vertrekke of selfs huise oordoen. "Dit is my grootste plesier om my kliënte se gesigte te sien nadat ons inval en verander. Om jou huidige meubels te kombineer met nuwe items en die reuse verskil wat dit maak, is my passie. Ek sê altyd ek het ’n huis vir elke seisoen en my familie weet nooit wat op hulle wag as hulle in die huis stap nie. Mens kan nooit wil stagneer in jou veilige tuiste nie.”
Van waar kom die pragtige meubels en ornamente?
Dit is harde werk om die regte items te vind, sê Ina. “Die kort antwoord is reg oor die wêreld, maar my doel is altyd eksklusiewe kwaliteit dekor en meubels teen bekostigbare pryse.”
Ina se Motto
“My motto is so eenvoudig, die lewe is kort, daarom glo ek ‘life should be chic, glamorous and colorful and so should your home’.”
Maak gerus ’n draai by Bella Casa Décor en laat Ina jou inspireer om ’n vertrek of sommer jou hele huis oor te doen vir hierdie nuwe seisoen.
Vind Bella Casa Décor by winkel 5 Welkom Square, skakel 057 357 2555 en volg hulle op Facebook.