Central SA
Brandweerstasie in Kimberley 3 jaar onbenut─── CASEY-LEE ANTHONY 07:00 Fri, 21 Jun 2024
“Vir nou bly die gebou onbenut weens sy strukturele probleme wat dit beroepsgevaarlik kan maak.”
’n Brandweerstasie in Kimberley wat amper drie jaar gelede gebou is, bly buite werking terwyl vordering eindelik gemaak word om dit aan die gang te kry.
Die brandweerstasie het die laaste paar jaar deurgeloop onder talle inbrake, aangesien vandale die leë gebou gebruik het. Die gesteelde items sluit in koperkabels, biometriese skandeergereedskap en elektrisiteitskabels.
“Die gebou bly onbenut weens sy strukturele probleme wat dit beroepsgevaarlik kan maak,” sê Thabo Mothibi, Sol Plaatje-woordvoerder.
Die brandweerstasie het in drie jaar baie verwaarloos. Foto verskaf
Die brandweerstasie het hoop gebring vir inwoners in Galeshewe, Homevale, Homestead en Roodepan. Hulle het gedink dit is ’n groot bate in die droë maande se veldbrandgevaar.
Inwoners het ook gehoop dat dit werkgeleenthede vir die jeug en werkloses in die gebied sou kon skep, maar is nie ingelig oor enige poste nie.
‘Ek is sonder rede nie gekies nie’
“Ek het in 2020 aansoek gedoen vir ’n pos as brandbestryder en het opleiding gekry, maar ek is sonder rede nie gekies nie,” sê Ashraf Toffar, ’n inwoner van Homestead.
Toffar sê die munisipaliteit het werk belowe aan talle apsirantbrandbestryders wat die opleiding en eksamen geslaag het. Hulle sit nou by die huis, het moed opgegee of elders begin werk.
Plakkershutte is agter die gebou opgerig. Foto verskaf
Die munisipaliteit beraadslaag nog met rolspelers hoe om die brandweerstasie weer reg te kry vir gebruik. Die prosesse is op ’n vergadering (19/6) gefinaliseer.
OFM Nuus/Casey-Lee Anthony dg